top of page

Wil jy nou Joods word?

Olyftak Bedieninge S.A 



                                  Drie Riviere

Vereeniging

 

073 410 4102

 

Wil jy nou Joods word?

Die Messiaanse leefstyl toegelig... (‘n Apologetiese studie)

 

Is hierdie ‘n beskuldiging wat jy al gehoor het, van die tyd af wat ABBA jou vir die Nuwe Pad geroep het?

Ek noem dit ‘n beweging. Die WAARHEID. Die EMET. Die Nuwe of dan VARS OLIE in jou lamp. 

Jy wil graag ABBA se Instruksies (Torah in Hebreeus) volg, maar jy soek ook Identiteit. Hierdie beweging het nie menslike reëls nie. Dit gaan ook nie oor tradisies of enige dogma of teologiese en akademiese verklarings nie. 

Ek gaan vir jou probeer antwoorde gee, om jou toe te rus om sulke argumente korrek en met ABBA se Liefde te hanteer.  

DIT GAAN OOR DIE WOORD VAN ABBA VADER. DIE OORSPRONKLIKE SKRIF. Dit wat HY in DIE OORSPRONKLIKE SKRIF geskryf het! Dit gaan oor WAT ABBA VADER , EL SHADDAI, SKEPPER VAN DIE HEMEL EN AARDE van ons verwag. Oor wat die RUACH H’KODESH (die Heilige Gees) van jou verwag en deur SY WOORD in jou op te rig. Dit gaan oor jou groei, en jou “heiligmaking” wat eintlik “om afgesonder vir HOM te wees” beteken. Oor NIKS ANDERS NIE!

Die bogenoemde FRASE IS WAAROOR DIT VIR JOU MOET GAAN!

Kom ons kyk na die konteks van waarmee die mense jou met die vraag oor “Joodsheid “ konfronteer. Kom ons kyk wat ABBA SE WARE WOORD sê. 

Kom ons rus onsself toe om mense met ‘n sagte antwoord te kan inlig... (Aanhalings in Engels is uit THE SCRIPTURES[i]. – Verwysing Bibliografie. Aanhalings in Afrikaans  is uit Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertaling. PWL[ii]. Verwysing: Bibliografie)

1.   ONS WIL GRAAG ABBA SE OORSPRONKLIKE WOORD GEHOORSAAM, maar die mense sê  ons is op ‘n dwaalspoor en dat dit OU Testamentiese is.

Ons hoor die Ruach se stem in ons binneste, en meestal praat HY eerste met ons oor ons Leefstyl EN DAT ONS DIE SHABBAT moet hou... met sommige praat HY oor die Feeste. 

Onmiddellik as jy van SHABBAT praat, begin die mense dit assosieer met JOODS wees.  Net so met die Feeste. 

Daar is baie redes waarom, maar die grootste rede is omdat die Kerk en meeste Skrif vertalings dit as Joods bestempel.

DIE WAARHEID: ABBA sê in SY WOORD, dat dit SY AFSPRAKE MET ONS IS.  Hier is ‘n paar korrekte vertalings:

 

Leviticus 23:1-3

“And  יהוה  spoke to Mosheh, saying,

“Speak to the children of  Yisrael,  and say to them, ‘The appointed times of יהוה  , which you are  to proclaim as set-apart gatherings, My appointed times, are these:

‘Six days work is done, but the seventh day is a Sabbath of rest, a set-apart gathering. You do no work, it is a Sabbath  יהוה in all your dwelling. יהוה in all your dwellings

Lev 23:4  ‘These are the appointed times of יהוה, set-apart gatherings which you are to proclaim at their appointed times. (Hier kan ons appointed times vertaal met afsprake)

 

(PWL) Lev 23:1יהוה” het met Moshe gepraat en gesê: 2“Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Die vasgestelde tye van יהוה moet julle as afgesonderde byeenkomste verklaar; hierdie is My vasgestelde tye:3vir ses dae lank mag julle werk, maar op die sewende dag is dit ’n Shabbat van volkome rus, ’n afgesonderde byeenkoms. Jy mag géén werk doen nie, dit is ’n Shabbat van יהוה, oral waar julle bly.4Hierdie is die vasgestelde tye van יהוה, afgesonderde byeenkomste, wat julle moet verklaar in die tye wat vir hulle bepaal is.”

 

So hierdie is ABBA se afsprake met ons.

2.   Die mense sê dis nie vir ons nie maar net vir die Jode.

Die meeste van die argumente van mense is, dat hulle dit net met die “Jode” assosieer, kom van die feit dat daar nog baie anti-semitime – dit is anti-Joodse entimente en haat sedert die vroegste eeue wa en is. Vanaf die eeue waar Konstantyn die Shabbat tot niet gemaak het, en verklaar het dat  die sewende dag Shabbat glad nie nagekom mag word nie, en dat omdat die eerste dag ons Verlosser se moontlike opstanding was, dit verander is na die “son-god-se-dag”, sondag. (Kontantyn het dit gedoen om die “pagan” worshippers” ook welkom te laat voel. Gaan doen maar U eie navorsing hieroor.) {As iemand vir my EEN verwysing kan gee waar daar in die SKRI, ons opdrag kry om die 1e of dan die 8e dag te eerbiedig en te hou, sal ek my leefstyl verander!}

Ons weet dat ons Messias self die Shabbat gehou het. (Die Torah  verbied Beroepswerk. Exo_31:15  ‘Six days work is done, and on the seventh is a Sabbath of rest, set-apart to יהוה. Everyone doing work on the Sabbath day shall certainly be put to death.

Exo_31:16  ‘And the children of Yisra’ěl shall guard the Sabbath, to perform the Sabbath throughout their generations as an everlasting covenant)

(Mat_12:1  At that time יהושע went through the grain fields on the Sabbath. And His taught ones were hungry, and began to pluck heads of grain, to eat.

Mat_12:2  And when the Pharisees saw it, they said to Him, “Look, Your taught ones are doing what is not right to do on the Sabbath!” Mat_12:10  And see, there was a man having a withered hand. And they asked Him, saying, “Is it right to heal on the Sabbath?” – so as to accuse Him.

Mat_12:11  And He said to them, “What man is there among you who has one sheep, and if it falls into a pit on the Sabbath, shall not take hold of it and lift it out?) Maar Y’Shua het  teen die Joodse tradisies en gewoontes geskop het. Ons gaan dus gladnie enige JOODSE TRADISIES VOLG NIE, MAAR net WAT ABBA in SY WOORD vir ons leer. Maak seker dat jy die SKRIFVERWYSINGS KEN, sodat niemand jou met Skrif-aanhalings kan verwar nie!

As Y’Shua die Torah en die wet van die Shabbat en dus die tien gebooie gehou het, wat veroorsaak dat ons dan nie die Shabbat hoef te hou nie?

 

3.   Die mense sê ons is nie deel van Israel nie, so ons hoef nie die Shabbat te hou nie.

Hier moet jy weet dat ons Spirituele Israel is, of jy jouself nou wel sien as deel van die tien verlore Stamme of as jy jouself sien as een van die nasies, wat in Israel ingeënt is (Romeine 11, Deuteronomy 29:27/28 ) Ons het nie Israel vervang soos die” replacement Theology” sê nie! Wel - as ons Israel vervang het, MOET ons dan mos die Torah gehoorsaam! 😉

28’...en יהוה het hulle ontwortel uit hulle land uit in toorn, in woede en in groot wraak en hulle in ’n ander land gegooi, soos dit vandag is.’

Isa_11:12  ‘And He shall raise a banner for the nations, and gather the outcasts of Yisra’ěl, and assemble the dispersed of Yehuḏah from the four corners of the earth’

Rom 11:17As sommige van die takke afgesny is en jy wat ’n wilde olyfboom is, in hulle plek ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom, 18moet jou dan nie teen die takke verhoog nie en as jy jou verhoog; dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou!

Gal 3: 29 As julle aan Die Gesalfde Een behoort, is julle die saad van Avraham en volgens die belofte, erfgename.

As jy Y’shua ons Messias volg, is die Torah vir jou en al jou geslagte!

4.   Sommige mense beweer dat die Feeste en Shabbat net in die Ou tyd van toepassings was.

Exo_12:14  ‘And this day shall become to you a remembrance. And you shall celebrate it as a festival to יהוה throughout your generations – celebrate it as a festival, an everlasting law.

 Die Hebreeuse vertaling van die woord wat in die King James  (for ever of perpetual) en  in Afrikaans (ewige verbond /instelling)gebruik word.[iii]

Hoe kan mens nou twyfel dat dit ‘n ewigdurende verbond  is...?Eksodus 12: 14 “ Hierdie dag sal vir julle ’n gedenkdag wees en julle moet dit as ’n fees tot eer van יהוה vier, reg deur julle geslagte. Julle moet dit hou as ’n ewige vasgestelde tyd...”

 

 

 

 

5.   Sommige mense sê dat die Nuwe Verbond (Hernude verbond) die oue vervang het.

 

Feit:  Y’SHUA HET DIE WET KOM VERVUL NIE VERVANG NIE!!

Abba  belowe  dat HY WEER SY VERBOND SAL HERNU:

 

Eseg.16: 62 So sal Ek My verbond met jou bevestig en jy sal weet dat Ek יהוה is 63sodat jy kan onthou en skaam wees en nooit weer jou mond oopmaak as gevolg van jou vernedering nie, wanneer Ek jou vergewe het vir alles wat jy gedoen het,” verklaar יהוה-God.”

Die woord bevestig kan ook met hernu vertaal word. (Re-new in Engels)

H2318[iv]

(Hebrew word Chadash =  RENEWED COVENANT NOT NEW TESTAMENT) חָדַשׁ

châdash

khaw-dash'

A primitive root; to be new; causatively to rebuild: - renew, repair.

Meeste mense probeer hierdie feit weg te redeneer, dat ABBA in die “ sg nuwe testament” deur Paulus gesê het dat die  sg. “ou verbond”  nie meer van toepassings is nie. Hulle haal uit Kolosense  aan:

Gal_3:17  Maar ek sê dít: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie.

Maar ons kan die volgende gebruik:

Gal_3:17  Maar ek sê dít: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie.

Ek haal uit ‘n arikel aan wat in die Bibliografie verduidelik word.

“In the New Testament, of the eight times that "new" is applied to the New Covenant, seven of them use the term kainos - meaning "renewed," or "new in quality," not necessarily time (Matt. 26:28Mark 14:24Luke 22:201 Cor. 11:252 Cor. 3:6Heb. 8:139:15) as opposed to neos (meaning new in time - Heb. 12:24). The use of term kainos means there was a pre-existing covenant to which Jesus Y’Shua  gave a qualitative difference.”[v]

 

 

Y’Shua het  dit ook baie duidelik gemaak:

 Matt 5:17Moenie dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete te ontrafel nie. Ek het nie gekom om te ontrafel nie, maar om volledig uit te lê, 18want dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘Totdat die hemel en die aarde verby sal gaan, sal nie een ‘yud’ of een ‘strepie’ van die wet verbygaan voordat dit alles klaar gebeur het nie.’ Die Ou Afrikaanse vertaling praat van “Mat 5:17  Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.”

 

6.   Die mense sê ons is nou “wetties”.

Ek kon nog nooit werklik agterkom wat die Afrikaanse mense bedoel as hulle dit sê mie, maar wat ons moet onthou:

(Ons hou die we,t of dan dan veral die Shabbat en die Feeste, omdat ons  HOM, VADER, EN Y’SHUA liefhet – nie omdat ek dink die wet gaan my vrymaak nie. Dis wat wetties beteken.)

 

Ons word slegs vrygemaak deur Y’Shua se bloed en ABBA VADER YHWH se genade – SY CHESED in Hebreeus. Die torah, Abba VADER se instruksies,  was en is  SY “huweliks” verbond (kontrak) met SY VOLK. Sy Ketubah. Hoe kan ek daardie verbond verwerp. HY het dit kom hernu met SY SEUN Y’SHUA se offer aan die folterpaal, en SY OPSTANDING EN OPVAAR na die hemel. HY het dus ook die Verbonds-maal ingestel met die brood en die wyn.

 (Joh. 6.) en

Matt:2: 26   Terwyl hulle eet, vat Yeshua die brood, dank daarvoor, breek dit en gee dit aan Sy studentevolgelinge en sê: “Neem, eet, dit is My liggaam.” 27Hy vat ook die beker, dank daarvoor, gee dit aan hulle en sê: “Drink almal daaruit, 28want dit is My bloed, van die Nuwe Verbond, wat vir baie uitgestort word tot vryspraak van sondes, 29maar Ek sê vir julle: ‘Ek sal van nou af glad nie weer van hierdie vrug van die wynstok drink, tot op daardie dag wanneer Ek dit nuut saam met julle sal drink in die Koninkryk van My Vader nie’.”

 

Onthou: ons volg geen Joodse Tradisies nie, ons doen net wat ABBA SE WOORD sê.  As ons byvoorbeeld dus kerse opsteek as Shabbat begin, is dit nie die Joodse tradisie wat ons dring nie, maar OM ONS TE HERINNER  dat HY gesê het: EK IS DIE LIG van die wêreld, en ons moet ons lig laat skyn. Gaan lees in Abba se Woord hoe jy SHABBAT en die  FEESTE moet deurbring, en moenie net iets doen omdat dit Joods is nie. Laat ABBA SE WOORD altyd  jou inspirasie wees!

 

Shalom Geliefdes!

Kontak my gerus met vrae...

Stefanie

 

 

 

 

 

 

 

BIBLIOGRAFIE


 

 

 

 

 

 
 
 

Comments


tehillahstudiesentrum@gmail.com

CONTACT US a.s.a.p. to become part of this dynamic community of Believers in              Y'SHUA our Messiah

  • Whatsapp
  • Facebook
  • Instagram

Thanks for submitting!

© 2024 Powered and secured by Wix

bottom of page